Suidies-hardlopers verbeter tye in KZN-liga

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Die Suidies-landloopspan het Saterdag by die Universiteit van Kwazulu-Natal se sport-terrein aan die sewende byeenkoms van die KwaZulu-Natal-liga deelgeneem.

Die KwaZulu-Natal beamptes was beïndruk met die aantal Suidie-hardlopers wat nog elke keer aan die ligas deelgeneem het.

Die Suidies se optrede en deelname was ook elke keer onberispelik en is deur die organiseerders en beamptes raakgesien.

Al die hardlopers het hul individuele tye verbeter.

Nou lê die finale byeenkoms, die KwaZulu-Natal ‘Cross Country Championship’ in Amanzimtoti op 23 Augustus voor,  en word daar reeds hard geoefen.

Leave a Reply