Suidies-atlete gooi spiesgooi rekords los

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Die Hoërskool Suid-Natal was een van vyftien skole wat aan die Kingsway-atletiekbyeenkoms deelgeneem het.

Suidies-atlete het baie goed gevaar en kan met uitstekende uitslae spog.

Luan Bester het die ope seuns-spiesgooi byeenkomsrekord verbeter terwyl Bronwin van Rooyen die meisies onder 15-spiesgooi byeenkomsrekord geslaan het.

Komende gebeure:

Vrydag 8 Augustus: Landsdiens uitstappie: Harmonie Hill
Saterdag 9 Augustus: Vrouedag Moedertee
Maandag 11 Augustus: Spelling Bee

Leave a Reply