Suidies gekies vir KZN-spanne

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Twee Suid-Natal Primêr leerlinge is vir provinsiale spanne gekies.

Riaan Earl is gekies vir die KZN krieket span en André Steyn het die KZN 0/12 rugbyspan gehaal.

Ons is baie trots op julle en hou duim vas vir die potensiële Springbok en Protea spelers.

Baie dankie aan al die ouers wat wind en weer getrotseer het met die jaarlikse fietsry-marathon in die junior en senior fase en Gr. R Kaskar resies.

Almal het geesdriftig deelgeneem, veral die Graad 1’s wat spoggerig gelyk het in hul sirkus tema klere.

Baie geluk aan Anthony Hoppe en Kayla Smith wat as hoofmonitors aangewys is vir die res van die tweede kwartaal.

Die senior netbalspanne het verlede week onderskeidelik teen Port Edward en St Martin de Porres gespeel.

Die Suidie o/9 rugbyspanne het teen mekaar gespeel en vet pret gehad. Die o/11 rugbyspan het by Southcity aan die toernooi deelgeneem en uitstekend gevaar.

Ons senior Hokkie dogters het ook deelgeneem aan die KZN  Hokkie proewe en waardevolle ondervinding opgedoen.

Die personeel het ‘n insiggewende opleidingsessie bygewoon, aangebied deur Dr. Cilel Smith, en is toegerus, met strategieë om leerders met gedragsprobleme suksesvol in die klaskamer te bestuur.

Leave a Reply