Suidies geniet natuurwetenskap-eksperimente vreeslik

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêr se graad vier leerlinge het tydens hul Natuurwetenskap-periodes eksperimente uitgevoer om vas te stel hoe verdamping werk.

Die leerders het hul eksperiment oor die naweek laat gebeur en moes tesame met al die pret, ook ‘n groot deel geduld inreken.

Maandagoggend was natuurlik ‘n groot opwinding onder die graad viers, om te sien wat met die eksperimente gebeur het.

Daarmee saam het ‘n paar belangrike en wyse lewenslesse gekom om die leerders op te voed vir die toekoms. Elkeen is ‘n paar wenke gegee om slim te werk en water te spaar.

Die Junior- en Senior-Netbalspanne het onderskeidelik verlede Woensdag en Donderdag aan ‘n Netbaltoernooi deelgeneem. Die dogters het dit baie geniet.

Hokkie- , Netbal- en Rugbyspanne het Saterdag by Kuswag gaan deelneem. Al die spanne het hul goed van hul taak gekwyt en goeie sportmanskap het geseëvier.

Baie dankie aan Kuswag wat as gasheer opgetree het en aan elke ouer wat die leerders ondersteun het.

Foto: Graad 4’s, Marilyn de Nysschen, Megan van der Merwe en Marcel du Toit wys die Natuurwetenskap eksperiment waarmee hul besig is.

Leave a Reply