Suidies hardloop ‘saam met’ Zebras in KZN liga

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Die Hoërskool Suid-Natal landloopspan het onlangs presteer by die vyfde KwaZulu-Natal liga.

Dit was ‘n asemrowende roete in die Kenneth Stainbank Natuurreservaat, waartydens die deelnemers selfs ‘n Zebrawyfie met haar kleintjie deur die wenarea sien hardloop het.

Die landloopspan het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en Mikayla Lewis en Rachel Siyagapi was deur die KwaZulu-Natal-beamptes as belowende landlopers uitgewys.

Die sesde KwaZulu-Natal liga waaraan Suidies landlopers in Pinetown deelgeneem het was beslis ‘n baie moeiliker uitdaging en warm roete gewees.

Rachael Sinyangapi het derde en Michayla Lewis vierde in hul ouderdomsgroep geëindig. Die ander atlete het moedig gehardloop en almal klaargemaak; selfs na ‘n val of twee.

Die volgende landloop vind hierdie Saterdag by die KwaZulu-Natal Universiteit-sportgronde in Durban plaas.

Suidies Mikyla Lewis en Rachel SInyangapi is as belowende landlopers uitgewys.
Suidies Mikyla Lewis en Rachel SInyangapi is as belowende landlopers uitgewys.

Leave a Reply