Suidies het diep wortels

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêr se SPO klasse werk baie hard. Hulle het begin werk in hul nuwe boekereeks en geniet elke oomblik daarvan.

SPO 3-leerders het sade geplant en teken elke dag met entoesiasme die groeiproses aan.

Suid-Natal het ‘n bedrywige sportweek agter die blad met Rugby, Netbal en Hokkie wedstryde wat gespeel is teen omliggende skole.

Die graad 7-leerders het ‘n uiters suksesvolle dag by Hoërskool Suid-Natal deurgebring. Die personeel en leerders het hulle touwys gemaak van wat hulle volgende jaar in die hoërskool kan verwag.

Die Graad 6-leerders het ‘n suksesvolle markdag beleef en fondse ingesamel vir onderwyshulpmiddels.

Ons junior leerders het ook Port Edward se sportdag bygewoon en baie goeie hokkie vernuf getoon met goeie stok-en bal vaardighede.

Foto: SPO 3-leerders Andries du Preez, Ashley Fouche, Brian Visagie, Johan Buitendag, Andrew Foulds en Johandré Meyer by die sade wat hul geplant het.

Leave a Reply