Suidies kondig nuwe hoofmonitors aan

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêr se graad 4-groep werk met ywer aan hul akademie terwyl daar in hierdie kwartaal hard gefokus word op die atletiekseisoen.

Daar sal onder meer in hierdie kwartaal gekyk word na die interessanthede van die Planetarium wat ons besoek, in voorbereiding vir die werk wat handel oor planete en sterre. Hierdie besoek hou vir die hele skool groot opwinding in.

Die graad 6R en 7-klasse het Vrydag ‘n baie suksesvolle monitor opleidings middag gehad.

Meneer Krog het die leerders toegespreek, daarna het hulle ‘n probleemoplossings besprekings sessie gehad.

Daarna het ‘n speletjie gevolg wat die leerders baie geniet het. Dankie aan al die rolspelers vir ‘n baie suksesvolle middag.

Foto: Baie geluk aan Duane van Wyk en Ellri van Zyl wat hierdie kwartaal as hoofmonitors aangewys is.

Leave a Reply