Suidies kry spesiale besoekers

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Sonja Herholdt en Tjokker het by Suid-Natal Primêre Skool kom kuier.

Die maats het Tjokker se manewales en Sonja Herholdt se sang baie geniet en goeie lewenslesse geleer.

Die graad 3’s het sopas klaar gemaak met die tema “Gesonde eetgewoontes.”

Hulle begin nou met ‘n nuwe tema “Insekte” en die leerders geniet die inligting en kuns aktiwiteite rondom dit vreeslik baie.

Die graad 3 spreekkoor wat gekies is om in die derde kwartaal tydens ons konsert op te tree, oefen al baie hard.

Die Suidies sien baie uit na die Fietsry-marathonne wat vroeg die maand gaan plaasvind.

Die eerste en tweede spanne het aan ‘n hokkie-toernooi deelgeneem by Creston en dit baie geniet.

Graad 3’s (agter v.l.n.r.) Storm Pienaar, Jayden Badenhorst, Nadia Swiegers, (voor v.l.n.r.) Anika du Toit en Chloe Barnard wys hulle werk.

Leave a Reply