Suidies-landsdieners vier lentedag saam gemeenskap

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suidies-landsdienslede het die afgelope tyd gewoel en gewerskaf om geskenkies vir die personeel betyds gereed te kry.

Lentedag was ‘n algehele dag van bederf en gee:  Besoeke aan Villa Bruno [Mbango] en die Flower Foundation met blomme en verversings, het die inwoners se harte verbly.

Lekker liedjies het die dag net verder opgevrolik.

Die besoekie en kontak met die bejaardes het soos altyd die harte aangeraak.

Baie dankie aan elke leerder en personeellid wat tot die dag se sukses bygedra het, dit word opreg waardeer.

Foto: Landsdieners (eerste ry) Denielle Steyn, Demi Steyn, Cara van Zyl, Rochelle Potgieter, Vicky Oswin, Tiaan Henderson, Karen Putter, Cathleen Cooks, Jacquis du Plessis, Deoné Nel, (tweede ry) Lucinda Engelbrecht, Melissa Morrison, Amanda Nell, Leandri Venter, (derde ry) Richard Morrison, Luné Arlow, Zecon Conrje, Francois Pretorius, (vierde ry) Jason Saayman, Christiaan Burls en Nereus Potonas.

Leave a Reply