Suidies blink uit op die KZN-landsdienskamp

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Landsdieners van die Hoërskool Suid-Natal het in die skoolvakansie die streekkamp in Sweetdale bygewoon.

Op die kamp moes die landsdieners selfs een nag in die bosse oorleef het en het hulle ook aan baie ander opwindende aktiwiteite deelgeneem.

Graad 11 en -12 leerlinge Stian Vermaak, Carla du Plessis, Josh du Plessis, Ilze de Wet en Adél van Wyk het die leierskaptoekenning ontvang en is ook gekies om KwaZulu-Natal op die Nasionale Kamp in Kaapstad te verteenwoordig.

Stian en Carla is ook as groepleiers gekies.

Yulàn Stander (graad 9) het die prestasie-silwertoekenning ontvang, en Melissa Morrison (graad 8) die meriete-toekenning.

Albei die leerders is  ook gekies om KwaZulu-Natal te verteenwoordig.

Leave a Reply