Suidies-netbaldogters vir KwaZulu-Natal gekies

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Twee van die Hoërskool Suid-Natal se netbaldogters is vanjaar in KwaZulu-Natal spanne opgeneem terwyl 23 spelers vir verskeie ouderdomsgroepe se distrikspanne gekies is.

Shanté Schlebusch is vir die KwaZulu-Natalse onder-16-span gekies en Michelle Wheeler is as ‘n nie-reisende reserwe vir die KwaZulu-Natalse onder-18-span gekies.

Shanté sal tydens die Julie-vakansie by die Ugu Sports and Leisure Sentrum aan die Interprovinsiale Netbaltoernooi deelneem.

Die Suidies wat in hul verskeie ouderdomsgroepe in distriktespanne opgeneem is is:

Onder-14: Melissa Morrison, Cara du Plessis, Mikayla Spies, Ashke Theron en Kayla Vosloo.

Onder-15: Charmone Haasbroek, Bronwin van Rooyen, Yulan Stander en Denicke Nel.

Onder-16: Alicia Horne, Tamlyn le Roux en Sinelethu Sonqishe.

Onder-17: Verae Kritzinger, Carla du Plessis en Amanda Smit.

Onder-18: Ashley Nel, Dedré Putter, Shantelle Diedericks en Thalita Sadler.

Onder-19: Clarize Olivier.

Onder- 21 Ethekwini Federasiespan: Carla du Plessis, Clarize Olivier en Thalita Sadler.

Leave a Reply