Suidies sien uit na sportjaar

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêre Skool se graad 5-leerders van 2019 is reg en gereed vir die uitdagings wat die jaar inhou.

Die 0/11 seuns is reeds druk besig met krieket oefening en speel hul eerste wedstryd teen Margate Primary.  Ons wens die seuns voorspoed toe.

Almal is opgewonde oor die Ligdraers wat hierdie week begin.

Ons begin ook met rugby, hokkie en netbalproewe en sien uit na ʼn bedrywige sportseisoen.

Ons netbal dogters word bederf Vrydag met ʼn afrigtingskliniek aangebied deur Jennie van Dyk (ʼn Protea afrigter).  Die dogters se vaardighede sal beslis verbeter met hierdie oefen sessie.

Leave a Reply