Suidies skop tweede kwartaal vol opwinding af

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Suid-Natal Primêr se Graad 5’s sien uit na die Conquesta eksamens wat gedurende hierdie kwartaal geskryf gaan word.

Daar is ook groot opgewondenheid oor die jaarlikse fietsrymarathon wat op die 10de Mei vanjaar plaasvind.

Ons is ook bly dat proefstudent, Meliska Swanepoel, weer kom opleiding doen hier in Suidie land.

Die hokkie, betbal- en rugbytoerspanne het die eerste kwartaal op ‘n hoogtepunt afgesluit. Hulle het Sondag 25 Maart op ‘n toer na Kuswag vertrek. Hulle het meegeding teen verskeie skole en het goed presteer.

Daar was darem tyd vir ontspan ook. Dankie aan die personeel wat hulle vergesel het asook die ouers wat die spelers ondersteun het.

Suidies en Gelofte het ‘n suksesvolle sportdag gehad op Saterdag 14 April. Die spelers het die wedstryde geniet en almal het goed gespeel. Dankie aan al die ouers vir die ondersteuning.

Foto: Graad 5’s (van links na regs) Lara Jordaan, Jolin Smith, Mari Lourens, Anrich Pretorius en Jacques De Bruyn sien uit na die fietsrymathon en Conquesta eksamen terwyl Me Meliska Swanepoel bietjie in Suidieland kom proef.

Leave a Reply