Wouter: tel jou woorde, maat!

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

Wouter se Watergat

Wouter Willemse

Dit het weer tyd geword om die Watergat van hoek tot kant skoon te maak……verlede Donderdag het ons ons deure gesluit, en van ses-uur die oggend tot vieruur die middag het ons met twee stofsuiers, drie blikke Pledge en ander meubelpolitoer deur die voorkant gewerk, en daarna met Brasso, Jeyes Fluid en anti-kakkerlakpille die kombuis ingevaar. Die toerusting word elke aand goed skoongemaak, maar een keer elke ses maande word al die kombuistoerusting blinkgemaak soos ons dit destyds met ons army bootse gedoen het. En die anti-kakkerlakpille word oral op strategiese plekke ingedruk om die karnallies wat die spuitgif wat elke aand net voor toemaaktyd gespuit word, oorleef, se lot te verseël.

In elk geval, dit was weer ‘n besige langnaweek met heelwat besoekers uit die binneland, wat my bankbestuurder breed sal laat glimlag.  Ons het selfs ‘n groot groep mense uit Pretoria hier gehad, en natuurlik, die Blou Bulle was ter sprake. En wanneer die Blou Bulle ter sprake is, is Oom Pottie gewoonlik voor in die koor.  Hy het die manne aangevat oor Pierre Spies se agtstemanspel, en gesê hy is beslis die swakste Suid-Afrikaanse nommer agt op Superugbyvlak.  Toe hy dit sê, het ek al begin koes, maar wonder bo wonder, die meerderheid van die Pretorianers het saamgestem. Dit het selfs Oom Pottie verbaas. Hulle het selfs met sy stelling saamgestem dat die Goue Leeus aanstaande jaar ‘n groot faktor gaan wees in die Superugby-reeks.   Dit het hom eers verbaas!  In so ‘n mate so dat hy dit self begin glo het, en nou hoor ons dit om elke draai.   Hy wil niks daarvan hoor dat die Leeus eers by die Kings moet verbykom nie.  “Blote formaliteit,” se hy.   Ek stem saam die Lions behoort te wen, maar formaliteit? Ek glo nie.   Nietemin hoop ek die Lions is aanstaande jaar terug, hulle verdien dit op hul vertonings vanjaar. Kyk wat het hulle met Samoa gemaak, die span wat nou in die eindronde van die huidige internasionale reeks in Suid-Afrika gespeel het.

Hettie Smit van Roodepoort en haar man Sarel wat elke jaar in Junie kom kuier, was Maandag hier, en het ons lekker gekuier!  Albei van hulle is al diep in die sewentig, maar nog vol lewe. Hettie het ons vermaak met die storie van die boer en sy vrou wat een laataand onderweg huis toe was van ‘n uitstappie dorp toe.  Sy vra haar man skielik om stil te hou, want sy sien iets langs die pad.  Hy maak so, sy klim uit, en kom terug met ‘n half-verkluimde muishond.  “Die arme ding is amper dood,” se sy.  “Kan ek hom maar saamneem huis toe?  Ek sal hom probeer warm maak en more weer laat gaan. Waar dink jy kan ek hom sit onderweg huis toe?”   Haar man antwoord dat sy die diertjie tussen haar bene moet hou want dis lekker warm daar.  “Wat van die reuk?” vra sy.  “Druk maar net sy neusie toe,” se haar man.    Hettie het ons meegedeel die man sal dit oorleef, maar die arme muishond waarmee sy hom herhaaldelik oor die kop geslaan het, het dit onglukkig dit nie gemaak nie.

Leave a Reply