Vis- en Musiek-karnaval kom Ramsgate toe

Share the news!!!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on pinterest
Share on email

 

Die Hibiscus Coast Business Forum (HCBF) bied op Saterdag, 8 Julie ‘n vis- en musiekkarnaval in Ramsgate aan.

Volgens Anton van Riet, die Voorsitter van HCBF, maak die lekker winter weer van die Suidkus dit ‘n lekker plek om seekos en goeie musiek te kombineer in ‘n dag van pret vir die hele gesin.

Die karnaval word aangebied by die “Rocky Ridge Music Venue” in Fascadaleweg, Ramsgate, en het ten doel om plaaslike musikante te ondersteun en al die kos en toerusting word ook plaaslik gekoop.

Seekos word vars voorberei en bedien op die tradisionele manier en besoekers kan smul aan vis en skyfies, garnale met skyfies of rys, seekat of visvingers en gekombineerde seekospakette.

Die kroeg sal heel dag oop wees om die dors te les en daar sal koeksisters, pannekoek en warm sjokolade te koop wees by die stalletjies.

Besoekers gaan bederf word met tien ure se aaneenlopende lewendige musiek wanneer kunstenaars laat oggend begin optree op die verhoog wat in die tuin opgerig word.

Net die beste klanktoerusting en beligting word gebruik en bomasengasverwarmers sal aangesteek word as die aandlug begin koelraak. Kom geniet die musiek van “The Revivaltones”, “The Gentry”, “Reflex”, en “No Refund”, asook solo kunstenaars soos “Natascha”, “Elvis”, “Promise”, “Julian Damon” , “Zel” en ander.

Toegangsfooi van R50 per persoon word by die hekke betaal, wat om 11 vm open. Kinders onder 16 se toegang is gratis.

Liefhebbers van seekos en goeie lewendige musiek moet nie hierdie geleentheid misloop nie.

Kontak Eugene op 082 779 3144 vir meer inligting.

Leave a Reply